Fresko

Die skepping van Adam, 'n detail van die fresko aan die plafon van die Sixtynse kapel deur Michelangelo.

Fresko is 'n tegniek van muurskildering wat op vars ("nat") kalkpleister aangewend word. Water word gebruik as 'n middel om die droëpoeierpigment met die pleister te laat bind en wanneer die pleister hard word, word die skildering 'n integrale deel van die muur. Die woord "fresko" (Italiaans: affresco) is afgelei van die Italiaanse byvoeglike naamwoord fresco, wat "vars" beteken. 'n Ander tegniek is fresco-secco, waar die verf aan droë pleister aangewend word om skildering in fresko aan te vul.

Die freskotegniek word reeds sedert die oudheid gebruik en word nou verbind met Italiaanse Renaissanceskildering.[1][2] Die woord "fresko" word soms verkeerdelik gebruik om te verwys na enige muurskildering, ongeag die pleistertegnologie of bindmiddel. Dit dra gedeeltelik by tot die misverstand dat die meeste muurskilderings op nat kalkpleister aangewend is.

Selfs in oënskynlik buon fresco- ("ware vars")-tegnologie was die gebruik van aanvullende organiese materiale algemeen.[3]

  1. Mora, Paolo; Mora, Laura; Philippot, Paul (1984). Conservation of Wall Paintings. Butterworths. pp. 34–54. ISBN 0-408-10812-6.
  2. Ward, Gerald W. R., red. (2008). The GroveEncyclopedia of Materials and Techniques in Art. Oxford University Press. pp. 223–5. ISBN 978-0-19-531391-8.
  3. Piqué, Francesca (2015). Organic materials in wall paintings : project report. Los Angeles: Getty Conservation Institute. ISBN 978-1-937433-29-1. OCLC 944038739.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search